8 ’n Geweldenaar wat onreg saai, sal teëspoed oes. Ook sy verdrukking van ander sal tot ’n einde kom.
9 ’n Vrygewige man wat van sy kos vir armes gee, sal geseën word.
10 Jaag die spotter weg en saam met hom sal rusies padgee; die gestry en beledigings sal tot ’n einde kom.
11 Wie graag opreg wil wees en mooi praat met ander, het selfs die koning as vriend.
12 Die Here hou kennis in stand. Hy keer die woorde van die onbetroubare mens om.
13 “Daar is ’n leeu daarbuite!” sê die luiaard.“Ek sal gevang word as ek dit buite waag!”
14 ’n Vreemde vrou se woorde is ’n bodemlose put; as die Here vir jou kwaad is, sal jy daarin val.