30 Dis dié wat tot laat sit en drink en allerlei mengsels proe.
31 Moenie dat jy verlei word deur die rooi glans van wyn, die vonkel in die beker, die gladde manier waarop dit in jou keel afloop nie.
32 Nadat jy dit gedrink het, pik dit soos ’n slang, spoeg dit gif soos ’n kobra.
33 Jy sien dan vreemde dinge en jou gedagtes is verward.
34 Dit voel of jy rondsteier soos ’n matroos op see, of op ’n seilboot rondslinger.
35 Jy redeneer by jouself: “Hulle het my geslaan en ek het nie seergekry nie! Ek weet nie eers dat hulle my geslaan het nie. Wanneer ek wakker word,sal ek iets gaan soek wat ek kan drink.”