11 Red die mense wat onskuldig na die galg toe gesleep word. Hulle sal doodgemaak word as jy nie keer nie.
12 Moenie jou verontskuldig en sê: “Ons het nie geweet nie.”Hy wat die gedagtes toets, weet mos wat waarheid is. Hy wat sy hand oor jou hou, weet wat waar is. God roep elkeen tot verantwoording vir wat hy gedoen het.
13 My kind, jy moet heuning eet. Dit is goed vir jou. Heuningstroop is lekker in die mond.
14 Net so, moet jy weet,is wysheid vir jou lewe. As jy daarop afgekom het, is daar vir jou ’n toekoms. Jou hoop sal nie verydel word nie.
15 Moenie ’n regverdige mens by sy huis gaan voorlêen soos ’n goddelose mens sy woonplek verwoes nie.
16 Selfs al val ’n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan. Die goddelose mens sal bly lê na net een ramp.
17 Jy moenie bly wees as jou vyand val nie. Moenie jou daarin verheug dat hy gestruikel het nie.