15 Moenie ’n regverdige mens by sy huis gaan voorlêen soos ’n goddelose mens sy woonplek verwoes nie.
16 Selfs al val ’n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan. Die goddelose mens sal bly lê na net een ramp.
17 Jy moenie bly wees as jou vyand val nie. Moenie jou daarin verheug dat hy gestruikel het nie.
18 Die Here sal sien wat jy doen en sal ontevrede wees.Hy sal jou vyandnie verder straf nie.
19 Moenie jou ontstel oor kwaaddoeners nie. Moenie afgunstig wees op goddelose mense nie.
20 Vir iemand wat kwaad doen, is daar geen toekoms nie. Die lewenslig van goddeloses gaan dood.
21 My kind, betoon eerbied aan die Here en die koning. Moet jou nie ophou met mense wat teen hulle in opstand is nie.