22 Hulle ondergang kom skielik; niemand weet watter teëspoedGod of die koning oor hulle gaan bring nie.
23 Die woorde hieronderkom ook van wyse mense. Moenie bevooroordeeld weeswanneer jy moet regspreek nie.
24 Die volk kryt ’n regter uit wat vir ’n skuldige sê: “Jy is onskuldig.” Mense en volke is verontwaardig daaroor.
25 Wanneer regters ’n regverdige beslissing maak, word hulle geprys en oorvloedig geseën.
26 Eerlike antwoorde is soos ’n soen op die mond.
27 Maak eers buite regen bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou.
28 Moenie teen iemand getuig as hy jou nie rede daarvoor gegee het nie. Moenie mense mislei met wat jy sê nie.