4 Kennis is nodig om sy kamers te meubileer met allerhande kosbare en waardevolle artikels.
5 ’n Wyse man het krag. Iemand met kennis is sterk.
6 Jy gaan maak eers oorlog nadat jy goed beplan het. Oorwinning komwanneer baie raadgewers koppe bymekaargesit het.
7 Wysheid is buite die begrip van ’n dwaas. Wanneer hulle in die stadspoort beraadslaag, is hy nie in staat om sy mond oop te maak nie.
8 Iemand wat altyd sit en beplan om kwaad te doenword ’n knoeier genoem.
9 Die knoeiery van die dwaas is sonde. Almal verag spotters.
10 As jou knieë knak wanneer die krisis opduik, is jou krag maar baie min.