1 Hier is nog spreuke van Salomo. Koning Hiskia van Juda se amptenare het dit versamel.
2 Dit is God se reg om iets geheim te hou. Dit is konings se voorreg om uit te vind wat iets beteken.
3 So min soos iemand die hoogte van die lug of die diepte van die aarde kan bepaal, net so min kan iemand peil wat aangaan in die gedagtes van konings.
4 Wanneer jy die onsuiwerheid uit silwer haal, kan die smid iets van die silwer maak.
5 As jy die goddeloses by die koning wegvat, kan hy regverdig bly regeer.
6 Moenie jou vernaam hou voor die koning,en moenie gaan staan op die plek vir belangrike mense nie.
7 Dis beter wanneer vir jou gesê word: “Kom staan asseblief hier!”as dat jy plek moet maak vir iemand belangriker as jy.As jy iets opgemerk het,