16 Wanneer jy op heuning afkom, eet net tot jy genoeg gehad het. As jy te veel eet, gaan jy naar word.
17 Moenie te veel by jou buurman gaan kuier sodat hy te veel van jou sien en ’n weersin in jou kry nie.
18 Iemand wat vals getuienisse oor ’n ander versprei, is net so gevaarlik soos ’n knuppel, ’n swaard en ’n skerp pyl.
19 ’n Gebreekte tand,’n voet wat swik,so is dit om in gevaarstaat te maakop ’n onbetroubare mens.
20 So onvanpas soos dit is om klere uit te trek op ’n koue dag, of asyn op bytsoda te sit, so min van pas is dit dat iemand vir jou liedjies sing wanneer jy treurig voel.
21 As jou vyand honger is,moet jy hom iets gee om te eet. As hy dors is, gee hom iets om te drink.
22 Die Heresal jou daarvoor vergoed. Jy sal buitendien kole ophoop op jou vyand se kop en hom vuurrooi maak van skaamte.