7 Dis beter wanneer vir jou gesê word: “Kom staan asseblief hier!”as dat jy plek moet maak vir iemand belangriker as jy.As jy iets opgemerk het,
8 moet jy nie te haastig wees om ’n saak teen iemand anders te maak nie. Wat sal jy agterna doen as jou buurman jou belaglik maak?
9 Bespreek eers die saak met die ander persoon. Moenie te koop loop met wat iemand vertroulik vir jou gesê het nie.
10 Jy kan dan beskuldig word dat jy skinder. Dan het jy vir altyd ’n slegte naam.
11 Woorde op die regte tyd gesê, is soos goue appels in ’n silwer houer.
12 Soos ’n goue ring by goue juwele, so is die wyse vermaning by die oor wat bereid is om daarna te luister.
13 Vir die een wat hom stuur,is ’n betroubare boodskapper net so verkwikkend soos sneeu in die somerhitte van die oes. Hy gee vir sy werkgewer nuwe moed.