1 Goddeloses vlug weg, al jaag niemand hulle nie. Regverdiges is so dapper soos leeus.
2 As daar opstand is in ’n land wissel die leiers vinnig. As ’n wyse en kundige aan bewind kom, is daar lank vastigheid in die land.
3 ’n Man wat self arm is en ander arm mense uitbuit, is soos stortreën wat alles wegspoel sodat daar niks kos oorbly nie.
4 Mense wat die wet van God verwerp, praat met lof van die goddelose mense. Mense wat die wet onderhou, weerstaan hulle.
5 Mense wat kwaad doen, het geen begrip van die reg nie. Wie vra na die wil van die Hereverstaan dit volkome.
6 Dit is beter om arm te wees en eerbaar te lewe as om oneerlik te lewe en ryk te wees.
7 ’n Verstandige seun gehoorsaam die eise van God. Een wat hom ophou met ligsinnige mensebring sy pa in die skande.