1 My seun, slaan ag op my wysheid. Dink goed na oor my raad.
2 Dan sal jy self ook goeie oordeel aan die dag kan lê. Jy sal met gesag kan praat.
3 Die onsedelike vrou kom met soet woordjies. Haar tong is gladder as olie.
4 Die einde daarvan is egter so bitter soos gif. Sy is so gevaarlik soos ’n tweesnydende swaard.
5 Haar pad lei na die dood. Elke tree saam met haar is ’n tree nader aan die graf.
6 Sy gee niks om of jy reg lewe nie.Sy loop met jou ’n koers wat sy self nie eers weet waarheen dit gaan nie.
7 My seuns, luister na my. Moenie afdwaal van my woorde nie.