25 Moenie opgewonde raak omdat sy mooi is nie. Moenie dat sy jou vang met die gefladder van haar wimpers nie.
26 ’n Prostituut kan jy vir ’n stukkie brood in die hande kry. Owerspelmet ’n ander man se vrou kan jou egter jou hele lewe kos.
27 Kan jy kole vuur in ’n voorskoot dra sonder dat jou klere aan die brand raak?
28 Kan jy op brandende kole loop en nie jou voete skroei nie?
29 Net so is dit met iemand wat by ’n ander man se vrougaan slaap.Niemand wat met haar lol, sal ongedeerd daarvan afkom nie.
30 ’n Dief kan verskoon word wanneer hy steel, want hy was honger.
31 As hy betrap word, moet hy sewe maal meer teruggee,selfs al kos dit hom alles wat hy besit.