5 Red jou uit sy mag soos ’n wildsbok wat die jagter afskud. Kom daaruit soos ’n voëltjie wat ontsnap uit die net van ’n voëlvanger.
6 Jou luiaard, gaan leer by die mier.Kyk wat hy doen. Leer wat wysheid is by hom.
7 Hy het nie ’n leier, of ’n opsigter, of iemand wat agter hom staan nie.
8 Hy kry reeds in die somer sy kosvoorraad reg.In die oestyd maak hy kos bymekaar.
9 Jou luiaard, hoe lankgaan jy nog lê en slaap? Wanneer gaan jy eendag opstaan uit jou slaap?
10 Nog ’n bietjie verder slaap, nog ’n bietjie lê en sluimer, nog ’n bietjie hande gevou lê om uit te rus.
11 Skielik oorval die armoede jou soos ’n struikrower. ’n Tekort aan kos oorrompel jou soos ’n gewapende dief.