21 So oorreed sy die jong man met haar mooipraatjies. Sy verlei hom met haar gladde tong.
22 Hy loop dadelik agter haar aan. Hy was soos ’n bees wat na die slagpale gelei word. Hy was soos ’n wildsbok wat in die slagyster trap
23 en ’n pyl kloof sy hart. Hy was soos ’n voël wat blindelings in ’n vangnet vasvlieg. Hy het nie geweet dat sy lewe verby is nie.
24 Luister na my, my seuns. Slaan ag op wat ek sê.
25 Moenie julle ophou met so ’n vrou nie. Bly uit haar pad uit.
26 Baie is al op haar kerfstok. Sy het al talle sterk mans so laat ondergaan.
27 Haar huis is die kortpad na die doderyk, die voorportaal van die dood.