5 Dit sal jou weghou van die onsedelike vrou af. Dit sal jou beskerm teen die vreemde vrou met haar verleidelike praatjies.
6 Ek was eendag by die venster van my huis,ek het deur die gordyn staan en kyk.
7 Ek sien toe jongmense op straat wat nog baie moet leer. Tussen hulle was ’n jong man wat nie van beter geweet het nie.
8 Hy het met die straat afgekomen naby die hoek van hierdie vrou se huis verbygegaan.
9 Dit was so teen skemeraand, die donker het begin toesak.
10 Die vrou, aangetrek soos ’n prostituut, het na hom toe geloop.Sy het slim planne gehad.
11 Sy was luidrugtig en uitdagenden kon nie by die huis bly nie.