2 Sy staan by die hoë plekke langs die pad. Sy staan daarwaar die paaie mekaar kruis.
3 Sy staan by die ingang van die stad. Sy roep uit by die poorte:
4 “Ek roep na julle almal. Ek roep hardop na alle mense:
5 Julle wat nog ervaring kortkom, moet verstandig word. Dié wat dwaas optree, moet insig ontwikkel.
6 Luister na my. Ek het iets belangriks om te sê.Elke woord uit my mond is opreg.
7 Ek praat die volle waarheid.Vir bedrog het ek nie tyd nie.
8 Alles wat ek sê, is reg.Daar is niks daarin wat krom of verdraai is nie.