4 Hy wat in ’n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.
5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.
6 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur ’n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie?
7 Net soos met lewelose dinge wat ’n klank gee, ’n fluit of ’n siter, as hulle nie ’n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal ’n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word?
8 Want as die basuin ook ’n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog?
9 Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal ’n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat.
10 Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie.