5 en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;
6 sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
7 Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ’n skeibrief te gee en van haar te skei?
8 Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.
9 Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ’n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
10 Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ’n man met ’n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.
11 Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.