11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ’n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
12 En dit het ’n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.
13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.
14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.
15 En hy wat met my gespreek het, het ’n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.
16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend-vyfhonderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.
17 En hy het sy muur gemeet op honderd-vier-en-veertig el, volgens ’n mens se maat, wat die maat van ’n engel is.