22 Daarop sê Farao vir hom: Maar wat ontbreek jou by my, dat jy meteens begeer om na jou land te trek? En hy antwoord: Niks nie, maar laat my tog maar gaan.
23 God het ook as teëstander vir hom verwek Reson, die seun van Éljada, ’n vlugteling van sy heer Hadadéser, die koning van Soba.
24 In die tyd toe Dawid hulle gedood het, het hy manne om hom versamel, sodat hy owerste van ’n bende was; en hulle het na Damaskus getrek en daarin gewoon en in Damaskus geregeer.
25 En hy was ’n teëstander van Israel al die dae van Salomo — en dit nog by die kwaad wat Hadad gedoen het — want hy het ’n afsku van Israel gehad, en hy het oor Aram koning geword.
26 OOK Jeróbeam, die seun van Nebat, ’n Efraimiet uit Seréda — die naam van sy moeder was Serúa, ’n weduwee — ’n dienaar van Salomo, het sy hand opgehef teen die koning.
27 En dít was die aanleiding dat hy die hand teen die koning opgehef het: Salomo het Millo gebou en daardeur die skeur aan die stad van sy vader Dawid toegemaak.
28 En die man Jeróbeam was ’n dapper held. Toe Salomo sien dat die jongman ’n bekwame arbeider was, het hy hom aangestel oor al die dwangarbeiders van die huis van Josef.