4 En op ’n dag het Élkana geoffer en aan sy vrou Peninna en al haar seuns en haar dogters dele van die offervleis gegee;
5 maar aan Hanna het hy ’n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar die Here het haar moederskoot toegesluit.
6 En haar mededingster het haar ook bitterlik geterg om haar te vertoorn, omdat die Here haar moederskoot toegesluit het.
7 So het hy gedoen van jaar tot jaar, telkens as sy opgaan in die huis van die Here. Só het sy haar geterg, dat sy geween het en nie wou eet nie.
8 En haar man Élkana sê vir haar: Hanna, waarom ween jy? en waarom eet jy nie? en waarom is jou hart bedroef? Is ek vir jou nie beter as tien seuns nie?
9 Toe staan Hanna op nadat hulle geëet en nadat hulle gedrink het in Silo, terwyl die priester Eli op die stoel sit by die deurpos van die tempel van die Here.
10 En bitter bedroef het sy tot die Here gebid en bitterlik geween;