18 Toe het Samuel die Here aangeroep, en die Here het donderslae en reën op dié dag gegee, sodat die hele volk baie bevrees geword het vir die Here en vir Samuel.
19 Daarom het die hele volk vir Samuel gesê: Bid tot die Here u God vir u knegte, dat ons nie sterf nie, omdat ons by al ons sondes nog kwaad gedoen het deur ’n koning vir ons te begeer.
20 Toe sê Samuel vir die volk: Wees nie bevrees nie. Julle het al hierdie kwaad gedoen; maar wyk nie van die Here af nie, en dien die Here met julle hele hart.
21 En julle mag nie afwyk nie, want dan gaan julle agter nietige afgode aan wat nie kan help of red nie, omdat hulle nietighede is.
22 Want die Here sal sy volk ter wille van sy grote Naam nie verwerp nie, omdat dit die Here behaag het om van julle vir Hom ’n volk te maak.
23 Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die Here sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.
24 Vrees net die Here en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.