19 Toe het Saul boodskappers na Ísai gestuur en gesê: Stuur tog jou seun Dawid wat by die skape is, na my.
20 Ísai neem toe ’n esel, brood en ’n leersak met wyn en ’n bokkie en stuur dit met sy seun Dawid na Saul.
21 So het Dawid dan by Saul gekom en voor hom gestaan; en dié het hom baie liefgekry, sodat hy sy wapendraer geword het.
22 Daarna het Saul na Ísai gestuur om te sê: Laat Dawid tog voor my staan, want hy het guns in my oë gevind.
23 En net wanneer daar ’n gees van God oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul verlig en word beter, en die bose gees wyk van hom.