6 As jou vader my inderdaad mis, moet jy sê: Dawid het my dringend verlof gevra om gou na sy stad Betlehem te loop, want daar is die jaarlikse offer vir die hele geslag.
7 As hy so sê: Goed! dan is jou dienaar veilig; maar as hy baie kwaad word, weet dan dat die onheil van sy kant vas besluit is.
8 Bewys dan guns aan jou dienaar, want jy het jou dienaar met jou saam in ’n verbond van die Here gebring. Maar as daar by my ’n misdaad is, maak jy my dan self dood — waarom tog sou jy my na jou vader bring?
9 Toe sê Jónatan: Moenie so dink nie! Want as ek sekerlik bemerk dat die onheil van my vader se kant vas besluit is om oor jou te kom, sou ek jou dit dan nie te kenne gee nie?
10 En Dawid het Jónatan gevra: Wie sal my dit te kenne gee of jou vader jou miskien ’n harde antwoord gee?
11 En Jónatan sê vir Dawid: Kom, laat ons uitgaan die veld in. En hulle twee het die veld ingegaan.
12 Daarop sê Jónatan vir Dawid: Die Here, die God van Israel, is getuie dat ek my vader môre of oormôre op hierdie tyd sal uitvra; en as dit gunstig is vir Dawid, sal ek dan nie na jou stuur en jou dit openbaar nie?