17 En die koning sê aan die hardlopers wat by hom staan: Tree nader en maak die priesters van die Here dood, omdat hulle hand ook met Dawid saam is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my geopenbaar het nie. Maar die dienaars van die koning wou hulle hand nie uitsteek om op die priesters van die Here aan te val nie.
18 Daarop sê die koning vir Doëg: Tree jy nader en val op die priesters aan. Toe tree Doëg, die Edomiet, nader en hý val op die priesters aan; en hy het op dié dag vyf-en-tagtig man wat die linneskouerkleed dra, gedood.
19 Ook die priesterstad Nob het hy met die skerpte van die swaard verslaan, man sowel as vrou, kind sowel as suigling, ook die beeste en esels en skape met die skerpte van die swaard.
20 Maar een van die seuns van Ahiméleg, die seun van Ahítub, het vrygeraak, en sy naam was Ábjatar; hy het agter Dawid aan gevlug.
21 Toe Ábjatar aan Dawid vertel dat Saul die priesters van die Here vermoor het,
22 sê Dawid vir Ábjatar: Ek het daardie dag toe Doëg, die Edomiet, daar was, geweet dat hy dit sekerlik aan Saul sou vertel. Ek is die oorsaak van die dood van al die lede van u familie.
23 Bly by my, wees nie bevrees nie; want die wat my lewe soek, soek u lewe ook; want u is by my in goeie bewaring.