1 EN daarvandaan het Dawid opgetrek en in die bergvestings van Éngedi gebly.
2 EnN net toe Saul terugkom agter die Filistyne vandaan, is aan hom meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in die woestyn van Éngedi.
3 Daarop het Saul drieduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel geneem en heengegaan om Dawid en sy manne te soek teenoor die Steenbokrotse.
4 Toe hy kom by die skaapkrale langs die pad waar ’n spelonk was, het Saul daar ingegaan om sy voete te bedek, terwyl Dawid en sy manne agter in die spelonk sit.
5 En die manne van Dawid sê aan hom: Kyk, dit is die dag dat die Here aan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul se mantel af.
6 Maar daarna het Dawid se gewete hom gepla, omdat hy die slip van Saul afgesny het,
7 en hy het aan sy manne gesê: Mag die Here my bewaar dat ek so iets aan my heer, die gesalfde van die Here, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van die Here.