15 Agter wie aan het die koning van Israel uitgetrek? Agter wie kom u aangejaag? Agter ’n dooie hond, agter een enkele vlooi aan!
16 Maar die Here sal regter wees en oordeel tussen my en u. Ja, mag Hy toesien en my saak verdedig en aan my reg verskaf teenoor u.
17 Toe Dawid hierdie woorde ten einde toe tot Saul gespreek het, sê Saul: Is dit jou stem, my seun Dawid? En Saul het sy stem verhef en geween
18 en aan Dawid gesê: Jy is regverdiger as ek, want jy het aan my goed gedoen terwyl ek aan jou kwaad gedoen het.
19 En jy het vandag bewys dat jy goed aan my gedoen het; dat naamlik die Here my in jou hand oorgelewer het, maar jy het my nie gedood nie.
20 Want as iemand sy vyand aantref, sal hy hom op ’n goeie pad laat gaan? Maar die Here sal jou die goeie vergelde vir wat jy vandag aan my gedoen het.
21 En nou, kyk, ek weet jy sal sekerlik koning word, en die koningskap oor Israel sal in jou hand standhou.