2 Daarop sê Dawid vir Agis: Goed, u weet wel wat u dienaar moet doen. En Agis sê vir Dawid: Goed, ek sal jou vir altyd aanstel as my lyfwag.
3 En Samuel het gesterwe, en hulle het oor hom gerouklaag, die hele Israel, en hom begrawe in Rama, naamlik in sy stad. En Saul het die dodebesweerders en die waarsêers uit die land verwyder.
4 Daarop het die Filistyne bymekaargekom en ingetrek en laer opgeslaan in Sunem. En Saul het die hele Israel versamel, en hulle het laer opgeslaan op Gilbóa.
5 Toe Saul die leër van die Filistyne sien, het hy bevrees geword, en sy hart het baie gebewe.
6 En Saul het die Here geraadpleeg, maar die Here het hom nie geantwoord nie — nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie.
7 En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ’n vrou wat ’n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is ’n vrou, ’n dodebesweerster, in En-Dor.
8 Daarop het Saul hom onkenbaar gemaak en ander klere aangetrek en weggegaan, hy en twee manne saam met hom. En toe hulle in die nag by die vrou aankom, sê hy: Voorspel tog vir my deur die gees van ’n afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem.