14 En daarom sweer Ek aangaande die huis van Eli: Waarlik die ongeregtigheid van die huis van Eli sal tot in ewigheid nie deur slagoffer of spysoffer versoen word nie.
15 En Samuel het bly lê tot die môre toe. En hy het die deure van die huis van die Here oopgemaak; maar Samuel was bevrees om die gesig aan Eli mee te deel.
16 En Eli het Samuel geroep en gesê: Samuel, my seun! En hy antwoord: Hier is ek.
17 Toe vra hy: Wat is die woord wat Hy met jou gespreek het? Verberg dit tog nie vir my nie. Mag God so aan jou doen en so daaraan toedoen as jy iets van al die woorde wat Hy met jou gespreek het, vir my verberg.
18 En Samuel het hom al die woorde meegedeel, en niks vir hom verberg nie. En hy het gesê: Hy is die Here; laat Hom doen wat goed is in sy oë.
19 En Samuel het groot geword, en die Here was met hom; en Hy het nie een van al sy woorde onvervuld laat bly nie.
20 En die hele Israel van Dan tot Berséba het erken dat Samuel betroubaar was as ’n profeet van die Here.