6 Verder het die Here Samuel weer geroep, en Samuel het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun, gaan slaap maar weer.
7 Maar Samuel het die Here nog nie geken nie; ook was die woord van die Here nog nie aan hom geopenbaar nie.
8 En die Here het Samuel weer geroep vir die derde maal; en hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Toe merk Eli dat die Here die seun geroep het.
9 Daarom het Eli vir Samuel gesê: Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek, Here, want u kneg hoor. Toe het Samuel geloop en op sy plek gaan lê.
10 Toe het die Here gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.
11 Toe het die Here aan Samuel gesê: Kyk, Ek gaan ’n ding doen in Israel waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.
12 Dié dag sal Ek aan Eli vervul alles wat Ek oor sy huis gespreek het, van begin tot end.