23 Maar Dawid het gesê: Julle mag nie so maak nie, my broers, met wat die Here ons gegee het, en Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee.
24 En wie sou in hierdie saak na julle luister? Want soos die deel van die wat in die geveg aftrek, so is ook die deel van die wat by die pakgoed bly; gelykop moet hulle deel.
25 So is dit dan van dié dag af en verder gewees; ja, hy het dit as ’n insetting en ’n verordening vir Israel vasgestel tot vandag toe.
26 Toe Dawid dan in Siklag aankom, het hy van die buit aan die oudstes van Juda, sy stamgenote, gestuur en gesê: Hier is ’n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van die Here:
27 aan dié in Bet-el en aan dié in Ramot in die Suidland en aan dié in Jattir
28 en aan dié in Ároër en aan dié in Sifmot en aan dié in Estemóa
29 en aan dié in Ragal en aan dié in die stede van die Jeragmeëliete en aan dié in die stede van die Keniete