6 En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die Here sy God.
7 En Dawid sê vir Ábjatar, die priester, die seun van Ahiméleg: Bring tog die skouerkleed vir my hier. Daarop het Ábjatar die skouerkleed na Dawid gebring.
8 En Dawid het die Here geraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agternajaag? Sal ek dit inhaal? En Hy sê vir hom: Agtervolg, want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred.
9 Daarop het Dawid weggetrek, hy met die seshonderd man wat by hom was; en toe hulle by die spruit Besor kom, het die origes agtergebly.
10 Dawid het naamlik agtervolg, hy met vierhonderd man, terwyl tweehonderd man agtergebly het wat te moeg was om die spruit Besor deur te trek.
11 Toe vind hulle in die veld ’n Egiptenaar wat hulle na Dawid bring, en hulle gee hom brood om te eet en water om te drink.
12 Daarby gee hulle hom ’n stuk vyekoek en twee rosynekoeke. En toe hy geëet het, het hy weer bygekom; want hy het drie dae en drie nagte geen brood geëet of water gedrink nie.