7 Toe die Filistyne hoor dat die kinders van Israel by Mispa saamgekom het, het die vorste van die Filistyne teen Israel opgetrek. En die kinders van Israel het dit gehoor en bevrees geword vir die Filistyne.
8 En die kinders van Israel sê aan Samuel: Laat nie ná om die Here onse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.
9 Toe het Samuel ’n suiglam geneem en dit as ’n brandoffer in sy geheel aan die Here geoffer, en Samuel het die Here aangeroep vir Israel; en die Here het hom verhoor.
10 Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het die Here dit dié dag met ’n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.
11 En die manskappe van Israel het uit Mispa uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle verslaan tot onderkant Bet-Kar.
12 Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het die Here ons gehelp.
13 En die Filistyne is verneder, sodat hulle verder nie meer die gebied van Israel binnegekom het nie, en die hand van die Here was teen die Filistyne al die dae van Samuel.