9 Toe het Samuel ’n suiglam geneem en dit as ’n brandoffer in sy geheel aan die Here geoffer, en Samuel het die Here aangeroep vir Israel; en die Here het hom verhoor.
10 Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het die Here dit dié dag met ’n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.
11 En die manskappe van Israel het uit Mispa uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle verslaan tot onderkant Bet-Kar.
12 Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het die Here ons gehelp.
13 En die Filistyne is verneder, sodat hulle verder nie meer die gebied van Israel binnegekom het nie, en die hand van die Here was teen die Filistyne al die dae van Samuel.
14 Ook die stede wat die Filistyne van Israel geneem het, het na Israel teruggekom, van Ekron af tot by Gat; en die gebied daarvan het Israel uit die hand van die Filistyne geruk. En daar was vrede tussen Israel en die Amoriete.
15 En Samuel was rigter oor Israel al die dae van sy lewe.