18 En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die Here sal julle in dié dag nie verhoor nie.
19 Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ’n koning oor ons wees,
20 dat ons ook kan wees soos al die nasies — dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer.
21 En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die ore van die Here uitgespreek.
22 Toe sê die Here vir Samuel: Luister na hulle en stel ’n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.