5 En toe die boodskappers by hom terugkom, sê hy vir hulle: Waarom kom julle nou terug?
6 En hulle antwoord hom: ’n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê die Here: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
7 Daarop sê hy vir hulle: Hoe was die voorkoms van die man wat opgekom het julle tegemoet en hierdie woorde met julle gespreek het?
8 En hulle antwoord hom: ’n Man met ’n harige mantel en omgord met ’n leergord om sy heupe. Toe sê hy: Dit is Elía, die Tisbiet!
9 En hy het ’n owerste van vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En toe hy na hom opklim, terwyl hy juis op die top van die berg sit, sê hy vir hom: Man van God, die koning spreek: Kom af!
10 Toe antwoord Elía en sê aan die owerste oor vyftig: As ek dan ’n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het vuur van die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.
11 En hy het weer ’n ander owerste oor vyftig met sy vyftig na hom gestuur; en die het begin spreek en vir hom gesê: Man van God, so sê die koning: Kom gou af!