10 Daarop gee Safan, die skrywer, die koning te kenne en sê: Die priester Hilkía het my ’n boek gegee. En Safan het dit aan die koning voorgelees.
11 En toe die koning die woorde van die wetboek hoor, het hy sy klere geskeur;
12 en die koning het bevel gegee aan Hilkía, die priester, en Ahíkam, die seun van Safan, en Agbor, die seun van Migája, en Safan, die skrywer, en Asája, die dienaar van die koning, en gesê:
13 Gaan raadpleeg die Here vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die Here is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie.
14 Toe gaan die priester Hilkía en Ahíkam en Agbor en Safan en Asája na die profetes Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder — sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon — en hulle het met haar gespreek.
15 En sy sê aan hulle: So spreek die Here, die God van Israel: Sê aan die man wat julle na my gestuur het —
16 so spreek die Here: Kyk, Ek bring ’n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die woorde van die boek wat die koning van Juda gelees het;