4 Gaan op na Hilkía, die hoëpriester, en laat hy die geld optel wat in die huis van die Here gebring is, wat die drumpelwagters versamel het uit die volk,
5 en laat hulle dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die Here, sodat hulle dit kan gee aan die wat die werk doen, wat in die huis van die Here is om die bouvallige plekke van die huis te herstel,
6 aan die skrynwerkers en bouers en messelaars, en om hout en gekapte klippe te koop om die huis te herstel.
7 Maar daar is nie met hulle afgereken oor die geld wat in hulle hand gegee is nie, want hulle het met getrouheid gehandel.
8 Toe sê die hoëpriester Hilkía vir Safan, die skrywer: Ek het die wetboek in die huis van die Here gevind; en Hilkía het die boek aan Safan gegee, en hy het dit gelees.
9 Daarna het Safan, die skrywer, by die koning gekom en die koning antwoord gebring en gesê: U dienaars het die geld uitgeskud wat in die huis te vinde was, en dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die Here.
10 Daarop gee Safan, die skrywer, die koning te kenne en sê: Die priester Hilkía het my ’n boek gegee. En Safan het dit aan die koning voorgelees.