1 TOE sê Elísa: Hoor die woord van die Here! So spreek die Here: Môre omtrent sulke tyd sal ’n maat fynmeel ’n sikkel, en twee mate gars ’n sikkel kos in die poort van Samaría.
2 Maar die adjudant op wie se arm die koning geleun het, antwoord die man van God en sê: Al maak die Here ook vensters in die hemel, sou dit kan gebeur? En hy sê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie.
3 En daar was vier melaatse manne by die ingang van die poort; hulle het die een vir die ander gesê: Wat bly ons hier totdat ons sterwe?
4 As ons sê: Laat ons in die stad ingaan — aangesien daar hongersnood in die stad is — sal ons daar sterwe; en as ons hier bly, sal ons sterwe; kom dan nou en laat ons oorloop na die laer van die Arameërs. As hulle ons laat lewe, dan bly ons lewe; en as hulle ons doodmaak, dan sterwe ons.