1 EN Elísa het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef, want die Here het ’n hongersnood geroep — wat ook vir sewe jaar oor die land gekom het.
2 Die vrou maak haar toe klaar om te doen volgens die woord van die man van God: sy het getrek met haar huisgesin en as vreemdeling sewe jaar lank in die land van die Filistyne vertoef.
3 En aan die einde van sewe jaar het die vrou uit die land van die Filistyne teruggekom en uitgegaan om ’n beroep te doen op die koning vanweë haar huis en haar grond.
4 Die koning was juis besig om met Gehási, die dienaar van die man van God, te spreek en te sê: Vertel my tog al die groot dinge wat Elísa gedoen het.