19 Daarop stuur hy ’n ander perderuiter; en toe dié by hulle kom, sê hy: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my!
20 En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Hy het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Maar die drywe is soos die drywe van Jehu, die seun van Nimsi, want hy dryf soos ’n kranksinnige.
21 Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; en Joram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ahásia, die koning van Juda, elkeen op sy wa — hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet.
22 En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as die hoererye van jou moeder Isébel en haar towerye so baie is?
23 Toe ruk Joram om en vlug en sê vir Ahásia: Verraad, Ahásia!
24 Maar Jehu het die boog gespan en Joram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het.
25 Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die Here oor hom hierdie uitspraak gegee het: