12 En hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan; waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan; hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie.
13 Aangaande die gestalte van die wesens: hulle voorkoms was soos gloeiende vuurkole, soos die voorkoms van fakkels; die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens, en die vuur het ’n helder glans gehad, en uit die vuur het blitse uitgeslaan.
14 En die wesens het heen en weer gesnel, in aansien soos ’n bliksemstraal.
15 Ek het toe die wesens nader bekyk: daar was een wiel op die grond langs die wesens aan elkeen van die vier voorkante.
16 Die voorkoms van die wiele en hulle maaksel was soos dié van ’n chrisoliet; en al vier het dieselfde vorm gehad; daarby was hulle voorkoms en hulle maaksel asof daar ’n wiel binne-in ’n wiel was.
17 Na al vier kante het hulle gegaan as hulle gaan: hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.
18 En hulle vellings — dié was hoog en dié was wonderbaar; en hulle vellings was by al vier rondom vol oë.