7 en hulle bene was reguit bene en hulle voetsole soos die sole van ’n kalfspoot; en hulle het geglinster soos blink geskuurde koper;
8 en mensehande was onder hulle vlerke aan hulle vier kante. Maar aangaande die aangesigte en die vlerke van al vier,
9 hulle vlerke was aanmekaar verbind. Hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie; hulle het elkeen maar reguit vorentoe gegaan.
10 En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van ’n mens; en al vier het die gesig van ’n leeu gehad aan die regterkant en al vier het die gesig van ’n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van ’n arend gehad.
11 En hulle vlerke het uitgesprei na boontoe; elkeen het twee gehad wat met mekaar verbind was, en twee wat hulle liggame bedek het.
12 En hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan; waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan; hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie.
13 Aangaande die gestalte van die wesens: hulle voorkoms was soos gloeiende vuurkole, soos die voorkoms van fakkels; die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens, en die vuur het ’n helder glans gehad, en uit die vuur het blitse uitgeslaan.