12 En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was vol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle.
13 Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem.
14 En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van ’n gérub en die tweede aangesig die aangesig van ’n mens en die derde die aangesig van ’n leeu en die vierde die aangesig van ’n arend.
15 En die gérubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek by die Kebarrivier gesien het.
16 En as die gérubs gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die gérubs hulle vlerke ophef om van die grond af op te styg, het die wiele ook nie weggedraai naasaan hulle nie.
17 As dié bly staan, staan hulle; en as dié opstyg, het hulle saam opgestyg; want die gees van die wese was in hulle.
18 En die heerlikheid van die Here het van die drumpel van die huis af weggetrek en bo die gérubs gaan staan.