13 En terwyl ek profeteer, het Pelátja, die seun van Benája, gesterwe. Toe het ek op my aangesig geval en hardop uitgeroep en gesê: Ag, Here Here, wil U ’n einde maak aan die oorblyfsel van Israel?
14 Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
15 Mensekind, jou broers, jou broers, die manne wat aan jou verwant is, en die hele huis van Israel, almal saam, van wie die inwoners van Jerusalem sê: Bly ver van die Here af, aan óns is dit, die land, as besitting gegee —
16 Daarom sê: So spreek die Here Here: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande en Ek vir hulle ’n kort rukkie ’n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het —
17 daarom sê: So spreek die Here Here: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee.
18 En hulle sal daarnatoe kom en al sy verfoeisels en al sy gruwels daaruit verwyder.
19 En Ek sal hulle een hart gee, en ’n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ’n hart van vlees gee,