19 En Ek sal hulle een hart gee, en ’n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ’n hart van vlees gee,
20 sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees.
21 Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop — hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die Here Here.
22 Toe het die gérubs hulle vlerke opgehef en die wiele gelyktydig met hulle saam, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.
23 En die heerlikheid van die Here het opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan op die berg wat oos van die stad lê.
24 Daarna het die Gees my opgeneem en my, in ’n gesig deur die Gees van God, gebring na Chaldéa, na die ballinge; en die gesig wat ek gesien het, het van my af opgetrek.
25 En ek het aan die ballinge verkondig al die woorde van die Here wat Hy my laat sien het.