17 Daarna het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
18 Mensekind, jy moet jou brood met bewing eet en jou water met siddering en kommer drink.
19 En jy moet aan die mense van die land sê: So spreek die Here Here aangaande die inwoners van Jerusalem, in die land Israel: Hulle sal hul brood met kommer eet en hul water in stomme smart drink, sodat hulle land, van sy volheid beroof, woes sal lê vanweë die geweldpleging van almal wat daarin woon.
20 En die stede wat bewoon is, sal woes word, en die land sal ’n wildernis wees; en julle sal weet dat Ek die Here is.
21 EN die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
22 Mensekind, wat is dit vir ’n spreekwoord wat julle het in die land van Israel, naamlik: Die dae gaan voort, en van al die gesigte kom niks nie.
23 Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here Here: Ek maak ’n einde aan hierdie spreekwoord, sodat hulle dit nie meer as spreekwoord in Israel sal gebruik nie. Maar sê vir hulle: Die dae is naby, en die woord van elke gesig.