1 DAAROP het manne uit die oudstes van Israel na my gekom en voor my gaan sit.
2 Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê:
3 Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit — sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?
4 Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here Here: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom — Ek, die Here, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee;
5 sodat Ek die huis van Israel in hulle hart kan gryp, omdat hulle almal deur hul drekgode hul van My afgewend het.