15 As Ek wilde diere in die land laat rondswerf, dat hulle dit kinderloos maak en dit ’n wildernis word, sodat niemand daar deurgaan vanweë die wilde diere nie —
16 al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here Here, hulle sou geen seuns of dogters red nie; net hulle sou gered word, maar die land sou ’n wildernis wees.
17 Of as Ek die swaard bring oor daardie land en sê: Laat die swaard deur die land trek! en Ek daaruit mens en dier uitroei —
18 al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here Here, hulle sou geen seuns of dogters red nie, maar net hulle sou gered word.
19 Of as Ek pes in daardie land stuur en my grimmigheid daaroor uitgiet in bloed, om daaruit mens en dier uit te roei —
20 al was Noag, Daniël en Job daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here Here, hulle sou geen seun of dogter red nie; hulle sou net hulle eie siel deur hul geregtigheid red.
21 Want so sê die Here Here: Hoeveel te meer as Ek my vier kwaai gerigte, swaard en hongersnood en wilde diere en pes, op Jerusalem afstuur om daaruit mens en dier uit te roei!