14 Daarby het daar ’n naam van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak deur my versiersels wat Ek op jou aangebring het, spreek die Here Here.
15 Maar jy het vertrou op jou skoonheid en gehoereer vanweë jou naam; en jy het jou hoererye uitgestort op elkeen wat verbygegaan het, dat dit syne sou wees.
16 En jy het van jou klere geneem en vir jou kleurige hoogtes gemaak en op hulle gehoereer — dinge wat nie voorgekom het nie en nie moet wees nie.
17 Daarby het jy jou versiersels uit my goud en my silwer geneem wat Ek jou gegee het, en jy het vir jou beelde van manne gemaak en daarmee gehoereer.
18 En jy het jou veelkleurige klere geneem en dié beelde omhul; jy het ook my olie en my reukwerk voor hulle neergesit.
19 En my brood wat Ek jou gegee het — fynmeel en olie en heuning waarmee Ek jou gespysig het — dit het jy voor hulle neergesit as ’n lieflike reuk; ja, so was dit, spreek die Here Here.
20 Verder het jy jou seuns en jou dogters geneem wat jy vir My gebaar het, en dié aan hulle geoffer om verteer te word. Was dit nie genoeg met jou hoererye nie,